Drie van ons het die pad gevat op ons KLEs na die weskus.
Die beplande roete vanaf Wynland 1stop tot op Langebaan:
Gedeelte 1 – 1stop – Riebeeck Wes – 77 km – 1h
+-3km - Draai links af op R304 na Klipheuwel. Draai regs af op Slent road na +-17km. By kruising na ongeveer 11km hou reguit aan. Na 12km is daar ‘n kruising met R45 Paarl/Malmesbury. Hou reguit oor vir 5km tot by T-aansluiting. Draai dan links rigting Hermon vir +- 15km. Draai links by T-aansluiting met R46 Hermon/Malmesbury. Na 6km draai regs na Riebeeck Kasteel, na 8km Riebeeck Wes.
Gedeelte 2 – Riebeeck Wes – Piketberg – 76km – 1h - petrolstop
Na Riebeeck Wes draai regs af op pad na Soutbosvlei. Na 13km by T-aansluiting draai regs na R44. Na 8km T-aansluiting met R44 Gouda/Porterville. Draai links na +-14km na Halfmanshof en hou reguit aan na Piketberg vir 41km.
Gedeelte 3 – Piketberg – Aurora – 129km – 2h
Volg die R365 suid rigting De Hoek uit Piketberg, draai regs op die R399 na +-3km rigting Velddrif. Na 21km draai regs by Sauer op Kapteinskloof pad. Na +-36km by T-aansluiting met R366 draai links rigting Redelinghuys. Na +-21km draai links na Redelinghuys. Redlinghuys na Aurora – 48km.
Gedeelte 4 – Aurora – Langebaan – 89km – 1.5h
Volg die pad na Piketberg vir15km. By die T-aansluiting met die R399 draai regs rigting Velddrif. Draai links na +-3km. Na 22km draai links by T-aansluiting. Na 2km draai regs rigting Velddrif. Na 11km draai links. By T-aansluiting met R45 na 16km draai links. Draai regs na 1km rigting Langebaan. Na 7km – Weskus 1stop. Na 9km draai regs na Mykonos. Na 4km – Langebaan.
Ons het die beplanning gevolg tot op Redelinghuys, maar daarvandaan is ons via Elandsbaai en al met die Spoornet pad af na Langebaan.
Aan die einde van Slent pad
By De Hoop naby Piketberg
Die begin van Kapteinskloof pad, lekkerrr sanderrrig
By die kruin van Kapteinskloof pad
Die kerk op Redelinghuys
Elandsbaai vanaf die hotel
Die 3 KLEs
Sondag oggend 8 Oktober het ons opgery na Stompneusbaai, en terug via Paternoster met verskeie grondpaaie. Die pad na Stompneusbaai is 'n goeie toets, dit was maar sanderig en los op plekke. Ons het lekker natgereen, en plek-plek skuiling gesoek teen die reen.
Na middagete het ons die pad terug Kaap toe aangedurf teen 'n sterk dwarswind met buie plek-plek.
Stompneusbaai en omgewing